MOSSELBAAI NUUS - Vier Mosselbaai-potspelspelers is in onderskeidelik die Weskus- en die Kaapse Wynlande-potspelspanne opgeneem om aan die SA kampioenskappe deel te neem.
Juan Malgas sal die Weskus-span verteenwoordig, terwyl Alan Oosthuizen, Elias Jansen en John Jantjies in die Kaapse Wynlandespan opgeneem is.
Vir Malgas sal dit sy derde keer wees wat hy aan die SA kampioenskappe deelneem, met Oosthuizen wat vir die tweede keer sal deelneem. Jansen en Jantjies maak hul buiging op die SA potspelvloer.
Die SA kampioenskappe vind van 7 tot 14 Oktober in Worcester plaas. Ongeveer 500 spelers sal aan die kampioenskap deelneem.
Vir die Mosselbaai-spelers is fondsinsameling om verblyf, vervoer, inskrywingsgelde en daaglikse onkostes te dek, 'n groot tammeletjie. Enige besigheid of individu wat hulle finansieël wil bystaan, kan Alan Oosthuizen (072 904 8001) skakel.
Juan Malgas
Elias Jansen
Alan Oosthuizen
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'