Gallery
MOSSELBAAI SPORT NUUS - Die eerste suksesvolle potspel-besigheidsligaseisoen het ten einde geloop met die prysuitdelingsfunksie waartydens die wenners van verskillende kategorieë aangewys is.
Die spelers het werklik hul staal gewys en heelwat nuwelinge het gewys wat in hulle steek.
Volgende jaar behoort die besigheidsliga baie groter te wees aangesien heelwat navrae ontvang is vanaf verskeie besighede wat aan die liga wil deelneem.
Fotogalery: Potspel-besigheidsliga prysuitdeling
Die volgende persone het almal toekennings ontvang:
- Beste span: André Reinecke, Sonja Swart, Danie Swart en Hannes Nortjé (wenners); Arnold Grobbelaar, Lavina Liebenberg, Servaas Coetzee en Boor Klinck (naaswenners).
- Beste dubbels: Danie Swart en Hannes Nortjé (wenners); André Reinecke en Sonja Swart (naaswenners).
- Beste individu: Christo van Schalkwyk (wenner) en Danie Swart (naaswenner).
- Beste vrouespeler: Sonja Swart (wenner), Lavina Liebenberg (tweede) en Desirè Rothman (derde).
- Beste opkomende speler: Donovan van der Merwe.
- Beste sportmansgees: Leonard J van Rensburg.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'