GROOT-BRAKRIVIER ROLBALNUUS - Groot Brak-rolbalklub se rondomtalietoernooi wat deur die jaar gespeel is, het ten einde geloop met die laaste toernooi en aankondiging van die wenners.
Op eie bodem het Groot Brak die eerste en derde plekke ingeneem.
Die toernooi het elke tweede Maandag van die maand plaasgevind wanneer 20 koppe gespeel is.
Inskrywings vir 2019 het reeds geopen en spanne is welkom om deel te neem.
Die formaat gaan verander na driespel wat dit makliker vir spelers sal maak om spanne bymekaar te kry.
Die Groot-Brakspan van Hannes Bruwer, Danie le Grange, Dries Kruger en Anne-marie Jonker was die wenners.
Die naaswenners was die span van Outeniqua-rolbalklub met Alhan van der Merwe, Sandra Axsel, Faan van der Merwe en Eliana Hattingh.
Die derde prys is deur nog 'n Groot-Brak-span met Neil Strydom, Tersia Robertson, André Lombard en Meisie Kuhn gebuit.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'