MOSSELBAAI NUUS - Die SA Veterane pluimbalkampioenskappe het Saterdagaand in Hartenbos begin waar pluimbalspelers van regoor die land al die provinsies verteenwoordig het.
Tot dusver verloop die toernooi sonder enige beserings en almal geniet die wedstryde.
Die finale wedstryde het op Donderdag, 9 Augustus plaasvind.
Die groot gebeurtenis is 'n eerste vir Hartenbos en vind plaas in die nuwe ATKV skoffelskuur.
Agter: Marius van Huyssteen (ondervoorsitter Eden-pluimbal), Hanlie Alberts (komiteelid), Travis Davis (Eden Sportraad) en Jacques Oberholzer (voorsitter Eden-pluimbal). Voor: Kalie van Heerden (ondervoorsitter Pluimbal SA), Amanda Minnie (komiteelid), Heleen Fourie (sekretaris) en Almerie Venter (tesourier) is die span wat die toernooi se wiele glad laat verloop. Foto: Tersia Marais
'n Opwindende wedstryd in die gemengde dubbels het plaasgevind tussen Eden en Vrystaat.Foto: Tersia Marais
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'