Saam met die juniors is ook 'n senior-rondomtalie gehou waarin die spelers goed presteer het.
Die nuwe Suid-Kaap komitee is ook onlangs verkies en is opgewonde oor die herlewing van pluimbal in die Suid-Kaap. Die Suid-Kaap word eersdaags verteenwoordig by die 15de SA Stavridis Cup pluimbal-toernooi vanaf 22-29 Oktober op Robertson .
Vir meer inligting en navrae oor deelname, kontak gerus Nico Marais by 083 248 9852, of Petrisna by 082 3324 776. Pluimbal is die ideale gesinsport wat almal kan geniet. Nuwe junior en senior spelers is baie welkom.
Die organiseerders bedank Jan Fourie, wat saam met die nuwe Suid-Kaap Pluimbal bestuur baie moeite gedoen het om die opedag moontlik te maak.

Die pluimbal-span wat aan die 15de SA Stavridis Cup pluimbal-toernooi vanaf 22-29 Oktober op Robertson gaan bywoon. Agter (van links na regs): Bevan van Druten, Enrico Pietersen, Nico Marais, Roland Ewert. Voor (van links na regs): Rolina Lerm, Anita Flockhart, Veronica Prins.