MOSSELBAAI NUUS - Dertien karatestudente van die Goju Ryu Karate Mosselbaai het verlede maand aan 'n karatekampioenskap in Plettenbergbaai deelgeneem.
Sensei Kobus Klue is baie trots op hierdie studente van hom waarvan 10 medaljes verower het.
Die 10 suksesvolle studente is: Dylan Coetzer (brons vir Kata), Bryan Botha (4de plek vir Kata), Tristin Brown (goud vir Kata), Rinelle van der Westhuizen (goud vir Kata en 4de plek vir Kumite), Charl van der Westhuizen (brons vir Kumite), Heinrich Fourie (4de plek vir Kata), Anri van der Westhuizen (goud vir Kumite en silwer vir Kata), Hannes Schreuder (silwer vir Kata en silwer vir Kumite), Martin van der Westhuizen (brons vir Kata en brons vir Kumite) en Christopher Smuts (silwer vir Kumite en brons vir Kata).
Die Groot-Brakkers, Dojo Mandi Kitching het goud vir Kata verwerf en Nicole Kitching 'n vierde plek vir Kata.
"Ons is baie trots om almal wat deelgeneem het."
Van die Mosselbaai karatekas wat so goed presteeer het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'