Gallery Video
MOSSELBAAI SPORT NUUS - Mosselbaai-sportskietvereniging het Saterdag, 24 November gasheer gespeel vir die Boland-pistoolskietkampioenskappe.
'n Totaal van 77 deelnemers het op agt bane by die Reebok Stene-skietbaan gekompeteer. Deelnemers het van Kaapstad en omliggende streke, asook verskeie dorpe in die Boland na Groot Brak gereis om deel te neem.
Kyk 'n video hieronder:
Friedl Weicht, stigterslid van die Mosselbaai-klub vertel Boland het tydens die Sportfees hier deelgeneem en die bane se standaard baie hoog geag. "Vandaar het hulle besluit om die Boland-kampioenskappe hier te kom aanbied.
Mosselbaai en omgewing se skuts het ook deelgeneem.
Die bane is vooraf deur die Suid-Afrikaanse praktiese skietvereniging geïnspekteer.
"Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus."