MOSSELBAAI SPORTNUUS - Die maand Oktober word wêreldwyd aan borskanker-pasiënte opgedra en die bewusmaking daarvan geskied deur die dra van 'n pienk strikkie.
Karateka van Mosselbaai Shotokan ZA het besluit op gedurende Oktober almal pienk belde te dra tydens oefensessies.
Elke dojo doen dan ook die 100 kata-uitdaging. Die klub sal vanjaar hulle 100 kata-uitdaging op 22 Oktober uitvoer. Vir dié uitdaging nooi Sensei Vernon Petersen alle karateka en belangstellendes uit om die uitdaging met hulle mee te maak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'