MOSSELBAAI SPORTNUUS - Die (not)parkrun het in Junie 2020 gedurende die Covid-19-inperking onstaan om geregistreerde parkrunners die geleentheid te gee om steeds aktief te kan bly en rekord daarvan te hou op parkrun se webtuiste.
Outeniquasbosch parkrun poog om die pret van (not)parkrun te verhoog deur parkrunners wat hulle 50, 100, 150, 200, 250 en binnekort 300ste mylpale bereik op hul webtuiste geluk te wens met 'n foto van die persoon en 'n virtulele marsjeer-orkes wat kamstig vir hulle 'n liedjie speel.
'n Meer onlangse voorbeeld is toe Clem Eccles sy 200ste (not)parkrun voltooi het en die orkes vir hom "Heart of a Champion" gespeel het. Met meer as 100 mense wat op hierdie manier vereer is moes die masjeer-orkes omtrent bontstaan om by te bly.
Vorige jare was daar gewoonlik oor Paasnaweek 'n paas-tema parkrun aangebied.
In die afwesigheid van parkrun is daar hierdie jaar besluit om paaseiers op van die meer gewilde (not)parkrunroetes te plaas met 'n notatjie om te sê "keep running". Wat 'n heerlike verrassing om so 'n vonds te vind. By een plek waar heelwat mense gewoonlik tussen 07:00 en 08:00 (not)parkruns doen het die paashaas sy verskyning gemaak en persoonlik eiers aan die deelnemers uitgedeel.
Almal sien uit na die dag wat daar weer 'n regte-egte parkrun kan wees. In die tussentyd verhoed niks hulle om steeds pret te hê terwyl hulle 'n gesonde leefstyl nastreef.
Clem Eccles het onlangs sy 200ste (not)parkrun voltooi.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'