MOSSELBAAI NUUS - Die balspel petanque het in die beginjare van die vorige eeu sy ontstaan in Frankryk gehad. Twee spanne gooi om die beurt balle na 'n kleiner bal ('n jack) wat op 'n bepaalde afstand van die gooiers lê.
Die mikpunt is om so naby as moontlik aan die jack te lande te kom, of die opponent se balle weg van die jack te laat rol.
Die gooier staan met altwee voete op die grond op 'n aangeduide plek en dit is belangrik dat die bal gegooi moet word en nie gerol moet word soos by rolbal nie. Spelers hoef nie fiks te wees nie
By Hartenrus-aftree-oord speel van die inwoners al 'n paar jaar petanque. Op 24 Mei het die pas gestigte klub van Santos Haven met nege begeesterde lede, wat begerig is om die spel te bemeester, by Hartenrus besoek afgelê.
Vyftien van Hartenrus se spelers het ywerig saam gespeel.
Dit was slegs 'n oefening en 'n geleentheid om nuwe vriende te maak en daar is tot die slotsom gekom dat so 'n byeenkoms meer dikwels moet plaasvind.
Hartenrus se leuse is "dit is goed om petanque te speel, dit is beter om te wen, maar dit is die heel beste om dit te geniet".
Lede van dié twee klubs sê hulle sal graag wil hê dat al die aftree-oorde in 'n radius van 100 kilometer hier aan die Tuinroete hierdie spel moet speel.
Want, sê hulle, "daardeur kry almal heerlike oefening en leer mekaar op so 'n wyse beter ken".
Vir enige verdere inligting oor die spel kan Gawie Botes van Hartenrus by 084 585 0873 gekontak word.
Mens en vroue kan aan die spel deelneem.
Inwoners van Santos Haven is deur die Hartenrussers touwys gemaak in petanque.
Almal het dit so geniet dat daar besluit in om meer dikwels te speel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'