Onder aanvoering van fasiliteerders Thembalethu Panzizo en Noxolo Mlonyeni, of hulle 'afrigters' soos die klub-organiseerder Johanna Cupido met trots na hulle verwys, het vier atlete hulle onderskei tydens die plaaslike-, streeks- en nasionale rondes van die Golden Games.
Sergant Dial het 'n brons, silwer en goue medalje verwerf in die 800m-wedloop, met Johnny Kunana en Petrus Pietersen wat beide silwer ingepalm het vir onderskeidelik rugby en jukskei.
Die klub se trots is egter die 63-jarige Freeman Koppies en 68-jarige Dideka Gotyana, wat beide goud verower het tydens die Nasionale Golden Games, wat in die Mbombela-stadion, Mpumalanga aangebied is vanaf 27 tot 30 Oktober.
Die Golden Games word aangebied deur die Departement van Sport en Ontspanning as deel van die regering se poging om gesondheid onder ouerwordende persone te bevorder.
Dideka het uitgeblink in jukskei en Freeman in die 200m-naelloop.
Volgens Freeman, is sy oefenroete uitdagend.
"Ek hardloop graag vanaf KwaNonqaba na Diasstrand en dan na Klein Brak. As ek voel my bors raak benoud, dan oefen ek hom oop," skerts hy.
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.
.jpg)
Lede van die Ithembalethu-klub saam met hulle medaljewenners: Sergant Dial (800m), Johnny Kunana (rugby), Petrus Pietersen en Dideka Gotyana (jukskei) en Freeman Koppies (200m).
ARTIKEL EN FOTO'S: CORNELLE CARSTENS, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'