TUINROETE NUUS - Die Maartbyeenkoms van die Neill Calitz-skietklub is die afgelope Saterdag deur Garden Route Aquablast van Marius en Mariska van Wyk geborg.
'n Nuwe konsep vir maandelikse skietkompetisies is in werking gestel. Skuts is in twee groepe, naamlik 'n superliga en 'n grootuitdaagliga ingedeel.
Die top skuts is in die Superliga en sal vanaf 'n nul voorgeë kompeteer terwyl die res van die skuts in die Grootuitdaagliga vanaf hul gewone voorgee af sal kompeteer.
Dié ligakompetisies behels dat daar vir die volgende vier maande tydens elke kompetisie oor 10m-, 20m- en 20m-snel vir punte geskiet sal word. Ander dissiplines op die dag wat vir gewone klubpunte tel, kan deelname met die haelgeweer, geweer, windgeweer, 9mm en skiet na silhoette insluit en sal beurtelings aangebied word.
Tydens die afgelope Saterdag se kompetisie het Suzette Herrer twee van die superliga-dissiplines gewen terwyl nuweling Bennie van der Heever net so goed in hierdie afdeling gevaar het en met 'n enkele punt agter Suzette in die algehele tweede plek is.
In die grootuitdaagliga is dit nuweling Elmarie Maddison (15 voorgeë) wat die voortou geneem het met Gert Nel (5 voorgeë), Ivan Maddison (3 voorgeë) en Gerrie Bester (3 voorgeë), onderskeidelik tweede, derde en vierde.
Tydens die dag se normale items het Marius weer die bewegende haas "opgedis" en was Johan Uys die wenner met 'n voltal wat vir die eerste keer geskiet is.
Die uitslae in die Garden Route Aquablast Superliga en Grootuitdaagliga is (slegs eerste vyf plekke):
Superliga
10m: 1. Suzette Herrer; 2. Mariska van Wyk; 3. Bennie van den Heever, Hannes Ingram en Cali Brown.
20m: 1. Suzette Herrer; 2. Willie Germishuys; 3. Cali Brown; 4. Bennie van den Heever; 5. Mariska van Wyk.
20m-snel: 1. Bennie van den Heever; 2. Willie Germishuys; 3. Chris Boshoff; 4. Marius van Wyk; 5. Suzette Herrer.
Punte: 1. Suzette Herrer (20); 2. Bennie van den Heever (19); 3. Willie Germishuys (16); 4. Mariska van Wyk (14); 5. Cali Brown (13); 6. Hannes Ingram (12); 7. Marius van Wyk (10); 8. Chris Boshoff (8).
Grootuitdaagliga
10m: 1. Ivan Maddison; 2. Gert Nel; 3. Gerrie Bester; 4. Elmarie Maddison; 5. Soekie Boshoff.
20m: 1. Gert Nel; 2. Elmarie Maddison; 3. Gerrie Bester; 4. Soekie Boshoff; 5. Sandy Uys.
20m-snel: 1. Elmarie Maddison; 2. Ivan Maddison; 3. Johan Uys; 4. Gerrie Bester; 5. Gert Nel.
Punte: 1. Elmarie Maddison (20); 2. Gert Nel (19); 3. Ivan Maddison (18); 4. Gerrie Bester (17); 5. Johan Uys (12); 6. Soekie Boshoff (10); 7. Sandy Uys (8); 8. Liam Brown (5). Bogenoemde ligakompetisies vind oor vier maande plaas en word deur Garden Route Aquablast geborg.
Ander uitslae
9mm: 1. Willie Germishuys en Hannes Ingram; 3. Bennie van den Heever; 4. Gert Nel; 5. Ivan Maddison en Cali Brown.
10-15m silhoeëtte: 1. Willie Germishuys en Gert Nel; 3. Chris Boshoff, Hannes Ingram, Ivan Maddison en Sandy Uys.
20m silhoeëtte: 1. Bennie van den Heever; 2. Johan Uys en Chris Boshoff; 4. Marius van Wyk, Hannes Ingram, Gerrie Bester, Ivan Maddison, Cali Brown, Liam Brown en Sandy Uys.Bewegende haas: 1. Johan Uys; 2. Marius van Wyk en Willie Germishuys; 4. Suzette Herrer en Gert Nel.
10m kolskiet: Mariska van Wyk en Suzette Herrer.
Die volgende Garden Route Aquablast superliga en grootuitdaagliga en Aprilbyeenkoms vind op Saterdag, 6 April plaas.
Van die pryswenners tydens Saterdag se Garden Route Aquablast-skietkompetisies is van links, Johan Uys, Bennie van den Heever, Suzette Herrer, Gert Nel, Mariska van Wyk, Chris Boshoff en Willie Germishuys.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'