MOSSELBAAI VEERPYLTJIE NUUS - Lede van die Mosselbaai Veerpyltjie-assosiasie het 'n besige maand of twee beleef met lede wat goed presteer het. Einde April het lede tydens 'n interassosiasie-byeenkoms skoonskip gemaak teen hulle opponente van Oudtshoorn, George en Riversdal.
Die puntestand was soos volg: Mosselbaai (21) - Oudtshoorn (15); Mosselbaai (24) - Riversdal (12); Mosselbaai (19) - George (18).
Na 'n gelykopstryd tussen Mosselbaai en George, is daar uitgespeel tussen W Khana (Mosselbaai) en A Jantjies (George). Na 'n spanningsvolle stryd, het Mosselbaai wel as wenners uit die stryd getree.
Na afloop van hierdie kragmeting is W Khana, T Taylor, C Vallentyn, J Frans (bestuurder), J Abrahams en J Visser gekies om aan die Wes-Kaapproewe in Saldanha deel te neem vanaf 25-27 Mei.
Tydens 'n meer onlangse interassosiasie-byeenkoms op Riversdal gehou op Saterdag, 12 Mei het Mosselbaai weer korte mette van hulle teenstanders gemaak.
Die puntestand was: Mosselbaai (22) - George (14); Mosselbaai (22) - Riversdal (14); Mosselbaai (20) - Oudtshoorn (16).
Na hierdie kragmeting is S Vallentyn, W Khana, C Vallentyn, T Taylor, J Frans, H Visser, G Solomons, J Abrahams en A Wagener gekies om vanaf 5-7 Julie aan die nasionale kampioenskap in Johannesburg deel te neem.
Hierdie manne neem deel aan die Wes-Kaapproewe in Saldanha. Agter: W Khana, T Taylor, C Vallentyn. Voor: J Frans (bestuurder), J Abrahams en J Visser.
Trotse lede van die Mosselbaai Veerpyltjie-assosiasie wat gaan deelneem aan die nasionale veerpyltjiekampioenskap. Agter: S Vallentyn, W Khana, C Vallentyn, T Taylor. Voor: J Frans, H Visser (kaptein) en G Solomons. Afwesig: J Abrahams, A Wagener.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'