MOSSELBAAI NUUS - Nihan Binedell, jong duiweboer van Mosselbaai, het verlede naweek na Port Elizabeth gereis waar hy tydens die Suid-Afrikaanse Nasionale Posduiforganisasie (Sanpo) se jaarlikse prysuitdeling 'n meriete toekenning ontvang het as junior wedvlugduiwekampioen van die Suid-Kaap.
Die 12-jarige Nihan is 'n graad 6-leerder van Laerskool Park en 'n lid van die Diaz All Flight-duiweklub.
Hy neem sedert verlede jaar deel aan die wedvlugduiwesport.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'