Die res van haar deelname was ook baie goed en het sy ook die snelvuur oor 20m oortuigend gewen.
Haar netto-telling van die dag was die beste van alle skuts. Danette, wat van 'n voorgee van 1 deelneem, is dan ook gepas as die Vroueskut van die Dag aangewys.
Nico Venter het nie minder nie as vier van die vyf kompetisies gewen en in die vyfde kompetisie 'n tweede plek behaal. Nico se voorgee van 1 maak hom tans die beste manlike skut van die klub.
Hy het Saterdag weer eens sy vaardigheid as sportman onderstreep en is dan ook as die beste Manlike Skut van die Dag aangewys.
Verskeie ander deelnemers het ook goed gevaar, met nuweling Riaan Gerber wat baie belowend lyk en die snelvuur oor 20m gewen het.
Willie Germishuys se prestasies was ook uitstekend. Onder die vroue het Johanna Gemishuys ook goeie vertonings gelewer en drie kompetisies gewen.
Uitslae
Uitslae van die dag is as volg:
Mans 10m: 1. Nico Venter en Marius van Wyk; 3. Johan Kemp; 4. Riaan Gerber; 5. Willie Germishuys.
Vroue 10m: 1. Danette Stoop; 2. Mariska van Wyk; 3. Johanna Germishuys; 4. Suzette Herrer; 5. Soekie Boshoff.
Mans 20m: 1. Nico Venter en Willie Germishuys; 3. Marius van Wyk; 4. Chris Boshoff; 5. Riaan Gerber.
Vroue 20m: 1. Johanna Germishuys; 2. Danette Stoop; 3. Suzette Herrer; 4. Mariska van Wyk; 5. Soekie Boshoff.
Mans 20m snelvuur: 1. Riaan Gerber; 2. Nico Venter en Marius van Wyk; 4. Willie Germishuys; 5. Gert Nel.
Vroue 20m snelvuur: 1. Danette Stoop; 2. Johanna Germishuys; 3. Suzette Herrer; 4. Mariska van Wyk; 5. Soekie Boshoff.
Mans 10-20m silhouette: 1. Nico Venter, Willie Germishuys en Riaan Gerber; 4. Danie le Roux; 5. Chris Boshoff, Marius van Wyk en Gert Nel.
Vroue 10-20m silhouette: 1. Johanna Germishuys; 2. Danette Stoop; 3. Mariska van Wyk; 4. Soekie Boshoff en Suzette Herrer.
Mans 10m 9mm: 1. Nico Venter; 2. Willie Germishuys; 3. Riaan Gerber; 4. Gert Nel en Marius van Wyk.
Vroue 10m 9mm: 1. Johanna Germishuys; 2. Danette Stoop; 3. Suzette Herrer; 4. Mariska van Wyk; 5. Soekie Boshoff.
Spankompetisie: In die finaal van die spankompetisie het die span, bestaande uit Johanna Germishuys en Chris Boshoff, vir Suzette Herrer en Willie Germishuys naelskraap geklop.
Die kompetisie is in 'n goeie gees afgehandel. Danie le Roux en Willie Germishuys het as baanoffisiere opgetree en 'n uitstekende taak verrig.
Die November-kompetisie, wat op Saterdag, 1 November plaasvind, sal waarskynlik die laaste van die jaar wees.
Baanoffisier Danie le Roux by 'n teiken van een van die skuts.
Nico Venter se voorgee van 1 maak hom tans die beste manlike skut van die klub. Hy het Saterdag weer eens sy vaardigheid as sportman onderstreep en is dan ook as die beste Manlike Skut van die Dag aangewys.
Willie Germishuys het ook as 'n baanoffisier opgetree en hom uitstekend van sy taak gekwyt. Foto's: Dave van der Merwe
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'