MOSSELBAAI SPORTNUUS - Spelers van Hartenbos-netbalklub en Klein Brak-tennisklub het mekaar op 17 Oktober op Klein Brak se tennisbane ontmoet vir 'n sosiale tennis-toernooi.
Die dag was vol opwinding en is deur Donovan Classen, voorsitter van Mosselbaai Sportraad geopen.
Voor die aanvang van spel is die netbalspelers eers touwys gemaak in die spel deur die ervare tennisspelers van Klein Brak.
Die dag is afgesluit met 'n prysuitdeling en 'n sosiale kuier.
Spelers van Hartenbos-netbalklub en Klein Brak-tennisklub.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'