Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai se Nedbank-hardloopklub het verlede Saterdag 'n uiters geslaagde Pie Run in Klein-Brakrivier aangebied. Meer as 700 atlete het aan onderskeidelik die 5 km, 10 km en 21,1 km-wedlope deelgeneem.
Dit is die klub se eerste wedloop van die jaar en is volgens die organiseerders weer op volgende jaar se agenda.
Die begin en eindpunt van al drie afdelings was by De Kleine Loerie, Klipheuwel Padstal in Klein-Brak.
Atlete wat aan die 10 km en 21,1 km-wedlope deelgeneem het, het om 07:00 weggespring. Selwyn Matthews (Nedbank SWD) was die eerste atleet oor die wenstreep om die 10 km in 30:29 af te lê.
FOTOGALERY: Pie Run in Klein-Brakrivier
Tweede was Amber-Jade Claassen (Nedbank SWD) in 34:15 en derde Julius Korkee (Nedbank SWD) in 39 35:27.
Die eerste vrou oor die wenstreep in die 10km was Nadia Joubert (tydelike nommer) in 45:34 gevolg deur Liezel Elliott (Hartenbos Drawwers) in 48:58 met Deseray du Toit (Team Vitality SWD) in 'n tyd van 49:38, die derde vrou oor die wenstreep in die 10 km.
21, 1 km
Francois Maquassa (Nedbank SWD) het slegs 1:08:17 geneem om die 21,1 km kaf te draf. Kort op sy hakke was Godwin Heyns (Nedbank SWD) in 1:10:23 en derde Melikhaya Msizi (Knysna Marathon Club) in 1:18:34.
Die vroue-afdeling is gewen deur Marion Mortlock (Knysna Marathon Club) in 1:26:59. Tweede was Danette Walley (tydelike nommer) in 1:27:54 en derde Annatjie Botes (Nedbank SWD) in 1:39:12.
Karin Otto
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’