MOSSELBAAI SPORTNUUS - Hartenbos Drawwers-atletiekklub het op Saterdag, 1 April, 'n geslaagde 15km wedloop op Klein-Brakrivier aangebied.
Atlete van die Nedbank A SWD-klub het skoonskip in die ope-afdelings gemaak deur die eerste drie plekke in die afdeling vir mans in te neem en spog ook met die boonste podiumposisie in die afdeling vir vroue.
Lloyd Bosman van die Nedbank-klub is die algehele wenner. Hy voltooi die wedloop in 00:55:14 met twee van sy spanmaats, Godwin Heyns (0:55:50) en Amber Claassen (00:56:43) in onderskeidelik die tweede en derde posisies.
Die vroue se ope-afdeling is deur Melissa van Rensburg (Nedbank A SWD) in 'n tyd van 01:00:27 ingeneem terwyl Jandri Snyders Hartenbos Drawwers se naam hoog gehou het met haar tweede posisie in 01:07:04.
Jessica Stander (32Gi SWD) se tyd van 01:08:45 besorg aan haar die derde plek. Van Rensburg is ook die wenner in die 40-49 ouderdomsgroep met Snyders ook die eerste junior vrou oor die wenstreep.
Ander uitslae is:
Juniors
- Mans: 1. Ciki Asemahle (Knysna Marathonklub) - 01:04:22
- Vroue: 1. Jandri Snyders (Hartenbos Drawwers) - 01:07:04
40-49
- Mans: 1. Marlon Mortlock (Knysna Marathonklub) - 01:02:14
- Vroue: 1. Melissa van Rensburg (Nedbank A SWD) - 01:00:27
50-59
- Mans: 1. Kobus Boshoff (Outeniqua Harriers) - 01:05:11
- Vroue: 1. Robertha Storbeck (Nedbank A SWD) - 01:18:12
60-69
- Mans: 1. Johan Grobbelaar (Nedbank A SWD) - 01:05:36
- Vroue: 1. Annatjie Botes (Nedbank A SWD) - 01:13:32
70-79
- Mans: 1. Gerold Whittaker (Hartenbos Drawwers) - 01:31:54
- Vroue: 1. Sylvia Jaftha (Knysna Marathonklub) - 01:47:28
Stapper
- Mans: 1. Ernst van Zyl (Nedbank A SWD) - 01:42:02
- Vroue: 1. Mariana van Zyl (Nedbank A SWD) - 01:52:00
Beste Hartenbos Drawwers-atlete
- Mans: 1. Gerhard Beeslaar - 01:12:25
- Vroue: 1. Jandri Snyders - 01:07:04.
Ferdie Nel (voorsitter van Hartenbos Drawwers) hier saam met die wenners van die vroue se ope-afdeling, van links, Jandri Snyders (tweede), Melissa van Rensburg (eerste) en Jessica Stander (derde). Regs is Morné Gricius van Klipheuwel waar die wedloop begin en geëindig het.
Wenners van die mans se ope-afdeling saam met Ferdie Nel en Morné Gricius. Van links is, Nel, Godwin Heyns (tweede), Loyd Bosman (eerste), Amber Claassen (derde) en Gricius.
Petro Nel (sekretaris van Hartenbos Drawwers) hier saam met die wenners van die onderskeie mans-afdelings. Van links: Nel, Ciki Asemahle (junior), Kobus Boshof (50-59), Johan Grobbelaar (60-69), Gerald Witteaker (70-79), Ernest van Zyl, (stapper), Gerhard Beeslaar (Drawwers-atleet) en Morné Gricius van Klipheuwel waar die wedloop begin en geëindig het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’