MOSSELBAAI NUUS - Die manne van Down Town het Sondag die spelers van Crazy 8 van Riversdal naelskraap met 19-17 in Albertinia in die potspelkompetisie gewen.
Down Town se C-span het van die begin af 'n gemaklike voorsprong van 10-2 opgebou. Crazy 8 het nie laat slaplê nie en het die B-span van Down Town met 7-5 geklop. Met die telling 15-7 in die guns van die tuisspan, het Down Town net vier punte nodig gehad vir 'n oorwinning.
Crazy 8 se A-span het die wedstryd beklink en het met 8-4 teen Down Town se A-span gewen.
Keanan Tarentaal en Jayden Uithaler van Down Town was die enigste spelers wat hulle opponente 'n sewebord kon gee.
Down Town se volgende wedstryd is Sondag teen die Young Ones 2 by Young Ones se tuiste.
ARTIKEL: HEINRICH FORTUIN, KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'