Baie ondersteuners, hope entoesiasme en goeie spangees onder die spelers het bygedra dat die finale 'n heuglike geleentheid was.
Die finale uitslae was as volg:
1. Motocare; 2. Korrektiewe Dienste; 3. Rauch Gertenbach; 4. Santos Express; 5. PSG; 6. FNB; 7. Mosselbaai Brandweer; 8. Old Mutual Groepskemas; 9. Hoërskool Punt; 10. PGP Gold; 11. Tucats Media; 12. Moore Stephens; 13. PGP Emerald; 14. Rudman & Visagie.
Dankie
Mosselbaai Rolbalklub en die organiseerder van die Mini-Besigheidsliga bedank die volgende borge: Sanlam Private Welvaart (dr Anton van Below en Johan Smith van George en André van Vuuren van Mosselbaai), Rauch Gertenbach, Hi-Q Mosselbaai, Fanies Apteek en ook vir Peter Ryan van Viking Fisheries wat ons van ys voorsien het.
Baie dankie ook aan almal wat hard gewerk het om van die toernooi 'n reuse sukses te maak. Soveel klublede het op soveel gebiede gehelp - in die kombuis, langs die vuur, op en van die baan, in die kroeg en oral waar iets gedoen moes word. Daar is net te veel name om te noem, maar 'n groot dankie aan elkeen van julle. Laastens 'n reuse dankie aan al die spelers, en hul ondersteuners, sonder julle sal die toernooi nie moontlik wees nie.
Oor sowat drie maande begin die Spes Bona Besigheidsliga weer en as gevolg van die ge-wildheid van die toernooi word spanne wat graag wil deelneem genooi om sommer dadelik vir Elize Nel op 083 554 8188 te kontak en hulle besonderhede te gee dat hulle nader aan die tyd gekontak kan word. Ons sien saam met julle almal uit na die volgende besigheidsliga.

Motocare het as wenners uit die stryd getree van die Mini-Besigheidsliga Rolbal. Hier is die span saam met Mosselbaai Rolbalklub president, Vanrenen van der Westhuizen.

Die span van Korrektiewe Dienste het tweede geëindig.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'