MOSSELBAAI NUUS - As deel van vier Westelike Provinsiale-veerpyltjietoernooie, is die eerste op Saterdag, 16 Februarie in Mosselbaai gespeel.
Vanuit Eden, Boland, Weskus en WP het 64 spelers aan die toernooi deelgeneem.
Sewe van die Eden-spelers is van Mosselbaai afkomstig. Mosselbaai het al ses SA-spelers opgelewer.
Volgens Glenwill Solomons, president van die Eden-veerpyltjiedistrik, het Mosselbaai se spelers puik gespeel.
"Met nog drie WP-toernooi voor ons, waarna spelers gekies word om aan die SA kampioenskappe deel te neem lyk Mosselbaai se spelers se potensiaal belowend om deur te dring na die SA's.
Solomons vertel dat veerpyltjies 'n sport is wat by die week groei. "Kinders wil nie deesdae meer net aan kontaksport deelneem nie," het hy gesê. Solomons sê hul grootste uitdagings nou is borge en 'n geskikte klubhuis waar kinders ook aan die spel kan deelneem.
Raadslid Niklaas Booisen (middel voor) by die bestuurslede.
Brian Valentine (Eden en Mosselbaai).
Iris van Zyl (Eden).
KC Thavarian, 'n jeug afrigter.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'