MOSSELBAAI NUUS - Span Afrishore het die afgelope naweek vir die sewende keer aan die jaarlikse Double Century padfietswedren in Swellendam deelgeneem. Die Double Century is 'n uitdagende padfietswedren oor 202km waar 266 spanne met 12 ryers elk, kompeteer.
Die Afrishore-span het vir die sesde jaar agtereenvolgend bewys wat bereik kan word as 'n span saamwerk.
Daar was twee nuwelinge in die span wat hul eerste Double Century gery het. Die span het uitstekend saam gewerk as 'n eenheid en is vir hulle spanwerk beloon met met die gesogte
Charles Milner medalje. Dié medalje het ten doel om spanwerk te bevorder en word aan spanne toegeken waar al 12 ryers saam klaar maak. Tenspyte van verskeie meganiese probleme, het Afrishore die wedren voltooi in 'n baie goeie tyd van presies agt ure.
Die 2018 Afrishore-span het bestaan uit, Shirley Schmidt, Helen Brink, Barnize Lategan, Annemie Koen, Plaas Botha, Paul Kruger, Charles du Plessis, Erik van Eeden, Marianne van Eeden, Willy Matthiae, Alf Scullard en Rooies Olivier. Die span is ondersteun deur 'n uitstekende bystandspan wat bestaan het uit Ricus Serfontein en Liz Taylor.
Die lede van die Afrishore-span bedank vir Shirley Schmidt van Afrishore Shipping vir haar ondersteuning aan die span die afgelope jare, asook vir die verskaffing van die bystandvoertuig.
Die span bedank ook die lojale bystandspan vir hul hulp om te verseker dat die dag suksesvol afgeloop het.
Die meganiese probleme en uitdagende roete was 'n ervaring vir elke deelnemer en daar gaan nog lank gepraat word oor elke kilometer wat afgelê is. "Dankie aan almal wat betrokke was om dit 'n onvergeetlike naweek te maak."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'