MOSSELBAAI NUUS - Deelnemers van Mosselbaai het die spanne van Oudtshoorn en Sedgefield onthaal en 'n opdraende stryd gegee in die wedstryde wat deel gevorm het van die sesde Mosselbaai Sport en Rekreasiefees.
Rolina Lerm (72) van Oudtshoorn, die oudste deelnemer wat sover bekend steeds kompeterend aan pluimbal deelneem, het die jonger spelers goed rondgejaag op die baan, maar uiteindelik het Wessel van der Westhuizen van Mosselbaai die kroon gespan as die beste speler met die meeste punte.
Die mans wat benewens Wessel puik presteer het, was Attie Henning (Mosselbaai), Pietie Peterson (Oudtshoorn), Jacques Oberholser (Mosselbaai), Jaco van der Westhuizen (Sedgefield), Corwin Henning (Mosselbaai) en Juan van Rooyen (Oudtshoorn).
Die vrouedeelnemers wat besonder goed presteer het, was Nadeen Coetzee (Sedgefield), Elaine Stipp (Mosselbaai) Melissa van Rooyen (Oudtshoorn) en Rolina Lerm (Oudtshoorn).
Die spelers van Mosselbaai, Oudtshoorn en Sedgefield het om die wisseltrofee meegeding.
Die afslaan wat die dag se kompetisie begin het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'