MOSSELBAAI NUUS - 'n Maand se fees van sport het in Mosselbaai met die gewilde Hartenbos-parkrun afgeskop.
Die Mosselbaai Sport- en Rekreasiefees bied deelnemers die geleentheid om in meer as 30 sportkodes te kompeteer, of net die spel te geniet. Met Saterdag, 22 September se parkrun het feesgangers en sportgeesdriftiges kleurvol die verrigtinge met die tema, Sport in Lente geopen.
Die fees duur tot Dinsdag 16 Oktober, met die wegtrek van die Cape Pioneer-bergfietsuithouren.
Oud en jonk word met die fees geakkomodeer. Saterdag reeds het laerskole aan die Laerskole top 10-atletiekbyeenkoms, gevolg deur 'n SWD mini rugbybyeenkoms, deelgeneem.
Dit is nie net sportmanne- en vroue wat by die fees baat nie, maar ook afrigters en beamptes. Dié sportleiers vergader môre, Woensdag 19 September. Gassprekers met nasionale kleure in hul sportkodes, sal die verrigtinge van 19:00 tot 22:00 by die Ou Kragstasie, Santosstrand bywoon.
Deelnemers aan Saterdag se parkrun.
Verskeie kaart- en tradisionele spele is op die fees se spyskaart (sien program op bladsy 9). Binnenshuise sportkodes sluit in gewigoptel, karate, veerpylkompetisies en domino's. Vir die meer avontuurlustiges is daar items soos valskermspring, motorsport, branderplankry en bergfietsrenne.
Organiseerders is welkom om hul sportitems se uitslae na Christo Vermaak (christo@groupeditors.co.za) by die Mossel Bay Advertiser te stuur.
Organiseerders hou rekodrs van die pretdraf.
Foto's: Grey Stopforth
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'