SOEK ROLLER-DUIWE ENTOESIASTE
Roller-duiwe entoesiaste beoog om 'n Roller Duiweklub in die Eden distrik te stig en nooi alle belangstellendes om hulle te kontak. Navrae: Johan Nel (082 4744 088 of 044 696 5163) of André Kruger (082 257 0847).
GHOLFDAG TEN BATE VAN BENEVOLENT PARK
Benevolent Park se jaarlikse geborgde Gholfdag vind plaas op Sondag, 9 Augustus, by die Mosselbaai Gholfbaan. "Graag wil ons die publiek en gemeenskap uitnooi om ons te kom ondersteun deur op hierdie dag deel te wees van ons fondsinsamelingspoging en te deel in die opwinding pret en die goeie pryse wat op die spel is." Die kompetisie is 'n individuele Stapleford en die afslaantyd is 08:00. Navrae: mnre P Fillies (082 374 8641) en H Valentine (082 319 0454).
KRIEKETKOLWE KLAP WEER
Mosselbaai Krieketklub nooi alle voornemende en belangstellende krieketspelers wat vir die 2015/2016 krieketseisoen by die klub wil aansluit, om Dinsdae en Donderdae, om 17:00, by die Van Riebeeckstadion te kom deel in die oefensessies. Die eerste oefening vind op Dinsdag, 11 Augustus plaas. Alle belangstellendes kan Dirk Lewis (082 254 4614 of dglewis@telkomsa.net) of Mark Golden (079 8794 444) kontak.
GROOT BRAK KRIEKETSEISOEN SKOP AF
Mayflower Krieketklub se amptelike oefeninge vir die nuwe seisoen skop op Dinsdag, 11 Augustus, om 17:00 af en alle belangstellendes word hartlik uitgenooi om die oefeninge by te woon. Dit vind by Groot Brak Senior Sekondêre Skool plaas. Amptelike oefentye is Maandae 17:00, Dinsdae 17:00 en Donderdae 17:00. "Kom en wees deel van wat 'n baie opwindende en interessante seisoen beloof om te wees." Navrae: Riaan Prins (044 803 2021 of 076 801 5423).
NUWE ROLBALKLUB BEOOG
Daar word beoog om ‘n rolbalklub by Eight Bells tot stand te bring. Alle belangstellendes en voormalige spelers word uitgenooi om op Saterdag, 15 Augustus, om 10:00 ‘n stigtingsvergadering by Eight Bells Mountain Inn by te woon. Navrae: Kallie Schutte (082 779 1933) of Rene' Bongers (044 631 0000). E-pos navrae kan gerig word aan info@eightbells.co.za
TREK JOU NETBALSKOENE AAN
Mosselbaai Netbalklub se nuwe seisoen het reeds afgeskop. Oefentye is Dinsdae en Donderdae, van 18:00 tot 20:00, by die Van Riebeeck Stadion. Navrae: Mary-Anne (073 349 4764), Michelle (072 806 2904) of Madie (074 444 5518). "Haal jou tekkies uit die kas en kom geniet 'n lekker netbaljaar."
SOSIALE TENNIS