MOSSELBAAI SPORT NUUS - Die Mosselbaai-sportskietvereniging (MSSV) het weer uitstekend gevaar by die Boland provinsiale skietkampioenskappe wat op 16 November by die Kraaifontein-skietklub in Kaapstad plaasgevind het.
MSSV het die afgelope jaar 'n aansienlike groei in hul ledetal gehad en staan tans op meer as 80 lede.
Daar word hoofsaaklik met handwapens, gewere en haelgewere geskiet, maar dis veral in die afdeling vir handwapens waar MSSV op beide provinsiale en nasionale vlak uitblink.
Die Mosselbaaiers het as volg gevaar tydens die jaarlikse kampioenskappe:
Handwapen
Klassieke afdeling:
B-klas: Donald Bokkelkamp - brons
C-klas: André van Vuuren - goud
Super senior: André van Vuuren - silwer
Standaard afdeling:
B-klas: André Calitz - goud
C-klas: Danette Stoop - goud, Deon Wolmarans - silwer en Annelie Augustyn - brons
Junior: Jeandré du Toit - goud
Senior: Johan van Wyk - goud
Super senior: Deon Wolmarans - brons
Vroue: Danette Stoop - goud en Annelie Augustyn - silwer
Algeheel: André Calitz - brons
Geweer
Senior - Tertius van Rooyen - brons
Vroue - Annelie Augustyn - brons
Mosselbaai is een van sewe klubs in die Boland wat spog met meer as 400 lede. Mosselbaai het 15 medaljes verower waarvan ses goud is. Dit is voorwaar 'n prestasie om op trots te wees.
Persone wat belangstel in IPSC-skiet, kan met die klub kontak maak by mbsportskiet@gmail.com.
Van Mosselbaai-sportskietvereniging se skuts wat aan die onlangse Boland provinsiale skietkampioenskappe deelgeneem het. Van links: Jeandré du Toit, Danette Stoop, André van Vuuren, Niek Stoop, Annelie Augustyn, André Calitz en Deon Wolmarans.
Die Mosselbaaiers het ses goue medaljes ingepalm.
Skuts in aksie op die baan tydens die kampioenskappe.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'