MOSSELBAAI SPORT NUUS - 'n Leerder van Hoërskool Punt, Winona Huisamen (18) is besig om naam te maak in die Suid-Afrikaanse netbalwêreld.
Winona het die afgelope week aan die Suid-Afrikaanse skole-netbaltoernooi in Boksburg deelgeneem. Sy is deel van die o/18 Wes-Kaap netbalspan en speel die posisie, hoofdoel.
Haar trotse ouers, Celeste en Chris Huisasem het haar by die toernooi ondersteun.
Winona se span, die Willows het algeheel vierde geëindig in die toernooi. Winona verteenwoordig die Wes-Kaap in Suid-Afrikaanse skolenetbal vir die afgelope sewe jaar. Sy speel reeds vanaf haar laerskoolloopbaan hoofdoel.
Winona het Punt vir twee jaar verteenwoordig en het as o/17 speler 'n bronsmedalje verwerf. Dieselfde jaar het sy na Skotland vertrek waar sy weer eens hoofdoel gespeel het en haar span al die wedstryde gewen het.
Terwyl Winona op die netbalbaan was het haar ma, Celeste met die Mossel Bay Home Ads News gepraat. "Weens beserings in die huidige span word Winona geroteer tussen hoofdoel en hoofdoel-verdediger. Na dese gaan sy egter vir eers op haar matriekjaar fokus en in 2020 wil sy graag B Sc Veekunde studeer en haar netballoopbaan voortsit.
Ma se netbalster. Winona en haar ma, Celeste.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'