MOSSELBAAI NETBALNUUS - 'n Leerder van Punt Hoërskool, Winona Huisamen (18) is besig om naam te maak in die Suid-Afrikaanse netbalwêreld.
Winona het die afgelope week aan die Suid-Afrikaanse skole netbaltoernooi in Boksburg deelgeneem. Sy is deel van die o/18 Wes-Kaap netbalspan en speel die posisie, hoofdoel.
Haar trotse ma en pa, oud-Mosselbaaiers, Celeste en Chris Huisasem het haar by die toernooi ondersteun.
Winona se span, die Willows het algeheel vierde geëindig in die toernooi.
Winona verteenwoordig die Wes-Kaap in Suid-Afrikaanse skolenetbal vir die afgelope sewe jaar. Sy speel reeds vanaf haar laerskoolloopbaan hoofdoel.
Winona het Punt vir twee jaar verteenwoordig en het as o/17 speler 'n bronsmedalje verwerf. Dieselfde jaar het sy na Skotland vertrek waar sy weer eens hoofdoel gespeel het en haar span al die wedstryde gewen het.
Terwyl Winona op die netbalbaan was het haar Celeste met die Mossel Bay Advertiser gepraat. "Weens beserings in die huidige span word Winona geroteer tussen hoofdoel en hoofdoel-verdediger.
Nadese gaan sy egter vir eers op haar matriekjaar fokus en in 2010 wil sy graag BSC Veekunde studeer en haar netballoopbaan voortsit.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'