MOSSELBAAI NUUS - Twee van Mosselbaai Hengelklub se junior lede het van 3 tot 8 Desember Suid-Afrika op internasionale vlak in Namibië verteenwoordig.
Walter van Rensburg en Rossouw Gericke het die klub goed verteenwoordig en gehelp dat die Protea o.16-span met die goue medalje weggestap het. Die kompetisie het oor drie dae plaasgevind tussen spanne van Suid-Afrika en Namibië. Die omstandighede was gunstig met harde werk wat beloon is.
Die totale gewig van die jong Protea's se ses hengelaars was 867kg, terwyl Namibië slegs 494.4kg in hul tuiswaters kon vang.
Rossouw Gericke met een van sy vangste, ook 'n spikkel sloephaai."Ons as Mosselbaai Hengelklub is voorwaar baie trots op hierdie hengelaars wat weer eens as ambassadeurs vir die klub en sport uitgeblink het," sê Len Alkers, voorsitter van die Mosselbaai Hengelklub.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’