SPORTNUUS - Sersant Donovan Geswindt, 'n Mosselbaaise polisieman, het op 31 Augustus sy Protea-kleure in die senior-afdeling van die Swartbal Potspel verwerf.
Geswind moes sy staal by die nasionale byeenkoms teen 60 ander spelers toon vir 'n plek in die Proteas span.
Met sy algehele 7de posisie het hy die nasionale span gehaal.
Hy speel tans vir die plaaslike klub Goodfellas Potspel Klub. Hy het in 2012 sy provinsiale kleure verwerf en die nasionale polisiespan in kompetisies verteenwoordig.
Goodfellas is geafillieer by die George Liga, wat uit 16 klubs van Mosselbaai en George bestaan.
Geswind gaan van 17 tot 24 Maart 2024 sy land by die Wêreldbyeenkoms in Bridlington, Engeland, verteenwoordig. Geswind moet sy eie kostes dek en 'n bedrag van R48 200.00 (Agt en Veertig Duisend en Twee Honderd Rand) moet ingesamel word om sy droom te verwesenlik.
Behalwe fondsinsamelings-funksies wat Geswind self reël, doen hy 'n beroep op die gemeenskap en besighede om hom ook te ondersteun.
Enige bydrae, hoe gering ookal, word opreg waardeer voeg hy by. Hy bedank voorts almal wie hom ondersteun en mense wie hom bystaan met die reël van funksies.
Enige donasies kan by die volgende rekening inbetaal word: Bank: FNB, rekening naam: SABF, rekening nommer: 629 317 40303, takkode: 250655, verwysing: EBA-Donovan Geswindt.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’