MOSSELBAAI SPORTNUUS - Die studente van Mosselbaai Shotokan ZA het in 'n bestek van twee jaar sedert sy ontstaan talle Suid Afrikaanse kampioene opgelewer.
Hierdie kampioene is aangewys tydens die aanlynkatakompetisies wat die sportkode genoop was om te hou tydens die Covid-19-pandemie.
Wat hulle prestasies so merkwaardig maak, is dat die karate-ontwikkeling wat sensei Vernon Petersen en sy dogter Robynne Petersen aan die breë gemeenskap bied, beloon is met drie studente wat in die Suid Afrikaanse Shotokan ZA-groep opgeneem is.
Die studente, wat insluit twee leerders van Ridgeview, Tristan Prestage en Keannu Duiker, asook Charlsea-Belle Scholtz van Global Academy.
Die studente gaan oefen en aan 'n kompetisie deelneem in Maart 2022 ter voorbereiding vir die volgende wêreldkampioenskap onder die vaandel van World Union of Karate-Do Federations (WUKF) in Gqeberha (Port Elizabeth). Daarna gaan dan die SA span van Shotokan ZA Suid-Afrika verteenwoordig in Algerië in Mei 2022.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'