MOSSELBAAI NUUS - Gimnaste van die Mosselbaai Artistiese Trampolien- en Tuimelklub (MATT) het onlangs deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse spele wat in Pretoria gehou is.
Tydens MATT se prestige aand is die top vyf gimnaste genomineer in hulle onderskeie afdelings.
Die wenners is soos volg:
Meisies artisties vlak 1-3
Marli Saaiman, Lehane Saaiman, Tabita September, Renaldi van Zyl (wenner) en Jana Pretorius. Artisties meisies vlak 4-8: Nadia Saaiman (wenner).
Artisties seuns vlak 1-3
Stefan Borka, Wihan Strauss, en Drian Harteveld (wenner).
Artisties seuns vlak 4 en 5
John-Daniel Minnie (wenner) en Thinus van de Venter (wenner).
Die euro trampolien vlak 4
Drian Harteveld, Nikolas Weston, Adriaan du Plessis (wenner), Jana Terblanche en Stefan Borka.
Vlak 5-6
Wihan Strauss (wenner), John -Daniel Minnie en Emaneul Adams.
Hierdie gimnaste het almal sertifikate ontvang vir hulle harde werk.
Die dubbel mini trampolien vlak 4-5
Jana Terblanche, Renicia Dickson, Emaneul Adams, Adriaan du Plessis (wenner) Nikolas Weston en Drian Harteveld.
Vlak 6-7
Wihan Strauss (wenner) en John-Daniel Minnie.
Hier is die afrigters Elize en Kasper saam met hulle span gimnaste.
Drian Harteveld het die beker ontvang vir uitstaande prestasie op die Suid-Afrikaanse spele met 'n goue medalje en 'n eerste plek algeheel in sy ouderdomsgroep.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'