Die wedloop is suksesvol aangebied deur Hartenbos Drawwers op 'n warm somersoggend, in hierdie prag Pine Grove-omgewing in Friemersheim. Goeie en geesdrigtige waterpunte het gesorg vir lekker koel lafenis en was die terugvoer deur die bank positief oor 'n wonderlike wedloop ervaring. Almal wat die wedloop voltooi het het 'n medalje met 'n jaarbalkie ontvang.
Kategoriewenners het prysgeld gekry en was daar ook vele gelukstrekkings, alles moontlik gemaak deur die borgskap van Total Groot Brak.
Kategoriewenners was as volg:
- Ope Mans: 1. Elroy Gelant (Temp) 57:47; 2. LindileTokota (Nedbank RC George) 59:17; 3. Burt Verster (Tuks) 01:01:27.
- Ope Vroue: 1. Leilani Cheffer (Run Walk Rustenburg) 01:07:49; 2. Heléne Roux (New Balance WP) 01:10:04; 3. Annatjie Botes (Nedbank RC George) 01:12:05.
- 40-49 Mans: 1. Lindile Tokota (Nedbank RC George) 59:17; 2. Corus Naudé (West Coast WP) 01:03:12.
- 40-49 Vroue: 1. Elize Kloppers (Hartenbos Drawwers) 01:13:18; 2. Tana Janse van Rensburg (New Balance) 01:15:33.
- 50-59 Mans: 1. Hermanus Jonkerman (Nedbank RC George) 01:11:17; 2. Willie Coetzee (West Coast) 01:19:20.
- 50-59 Vroue: 1. Annatjie Botes Nedbank RC George 01:12:05;; 2. Brenda Kritzinger Hartenbos Drawwers 01:38:00.
- 60-69 Mans: 1. Robbie Joubert (Tygerberg) 01:34:08; 2. Bernet Zaayman (Bonnievale) 01:36:23.
- 60-69 Vroue: 1. Bessie Badenhorst (Hartenbos Drawwers) 02:09:28; 2. Carol Nepgen (Kowie Striders) 02:35:22.
- 70+ Man: 1. Carl Hendricks (Brackenfell) 01:40:01.
- Junior Mans: 1. Godwin Heyns (Hartenbos Drawwers) 01:05:15; 2. Granville Gelant Nedbank RC George 01:10:59.
- Junior Vroue: 1. Nondumiso Khoza (Natal Carb) 01:22:22; 2. Luhandi Janse van Rensburg (Tygerberg NLK) 01:26:28.
Mans: 1. Gordon Jacobs (Mosselbaai Harriers) 02:03:48; 2. Jean Nepgen (Kowie Striders) 02:35:22.
Vroue: 1. Esca Schoeman (Hartenbos Drawwers) 01:56:34; 2. Marinda Neethling (Berts Bricks NW) 01:58:49.
Eerste Hartenbos Drawwers Man en Vrou: Godwin Heyns 01:05:15 en Elize Kloppers 01:13:18.
Fun Run – 4,5km
Eerste Man: Gideon du Toit 19:51.
Eerste Vrou: Lara Odendaal 23:46.
Hartenbos Drawwers se gelukwense en bedanking aan almal wat deelgeneem het, klublede en ander wat moes werk, en laastens maar nie die minste nie, die borg Total Groot Brak wat almal bygedra het tot die sukses van die dag. Besoek gerus www.hartenbosdraw-wers.co.za vir foto's en allerlei oor hierdie en ander klubwedlope aangebied. Dagboek dan ook 27 Desember 2014 en kom deel in hierdie gewilde wedloop.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier | Tuinroete nuus'