MOSSELBAAI NUUS - Die St Blaize Modelvliegklub is in sy 22ste bestaansjaar en steeds geniet die lede hul stokperdjie terdeë.
Die klub beskik oor 'n gerieflike klubhuis, geteerde aanloopbaan en kuipe-area onder skadunet.
Daar word gereeld op Saterdae gevlieg en een Saterdag per maand word daar 'n ontbytgeselligheid saam met gades en familie gereël.
Die klub gaan, as deel van die 2018 Sportfees, 'n vliegdag asook 'n kollandingkompetisie aanbied. Hou die Mossel Bay Advertiser dop vir dié datum.
Voornemende lede word genooi om die klubsekretaris, Nico Erasmus, by 083 276 7047 te kontak.
Die St Blaize Modelvliegklub bestaan reeds 22 jaar.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'