MOSSELBAAI SPORTNUUS - St Blaize Model Flyers is in 1996 deur 'n groep modelvliegtuig-entoesiaste op Mosselbaai gestig.
Hoewel die klub reeds in 2021 'n kwarteeu (25 jaar) was, kon hulle weens die Covid-19-pandemie nie die geleentheid vier nie en vier hulle dié geleentheid hierdie naweek van 18 en 19 Maart, met 'n Fly Inn by hulle model-vliegveld in Aalwyndal.
Die geleentheid begin op beide dae om 08:30 en word bygewoon deur plaaslike entoesiaste asook lede van naburige modelvliegklubs met gesoute loodse wat in aksie sal wees.
Volgens aanduiding gaan vastevlerk vliegtuie asook helikopters aan die geleentheid deelneem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'