Gallery
SPORTNUUS - Die Mosselbaai Artistiese- Trampolien en Tuimel gimnastiekklub (MATT) het 'n klubkompetisie die afgelope Saterdag, 16 September, aangebied by die Binnenshuise Sentrum in KwaNonqaba, uitbreiding 23, Mosselbaai.
Dit vorm deel van die Mosselbaai se Sport en Rekreasiefees.
FOTOGALERY: Mosselbaai Artistiese- Trampolien en Tuimel gimnastiekklub (MATT)
Dit het 'n geleentheid gebied vir gimnaste wat nog nie hierdie jaar aan kompetisies deelgeneem het nie, maar ook om vir gimnaste wat op pad is na SA Spele in Pretoria, 'n bykomende kompetisie te gee.
Die klub bied afrigting in al die apparate van gimnastiek aan asook Euro-trampolien en mini-trampolien.
Van die trampolien gimnaste is vlak 10 en vlak 6 vir seuns en meisies artistiese gimnastiek.
Die klub se gimnaste presteer puik by kompetisies. Een van die gimnaste, Blake Roman, het onlangs by die Wes-Kaapse kampioenskappe 'n volle 10.0 vir spronge behaal. Die trampolien afrigter, Kasper Janse van Vuuren, is ook 'n Springbok in die trampolien sport. Hy is ook 'n International Gymnastics Federation (FIG) internationale beoordelaar.
Die klub het ook twee trampolien gimnaste in 2019 gehad, wat vir die Wëreldbyeenkoms gekwalifiseer het. Aubrey Kellerman het gaan deelneem het in Japan en ook John Daniel Minnie wat weens persoonlike redes nie kon gaan nie. Die kompetisies begin alreeds in April en eindig in Oktober.
Die klub het tans sewe vroue artistiese gimnastiek beoordelaars: Elize Janse van Vuuren (vlak 1), Lize-Mari Gerrits (vlak 3), Adel Alkers (vlak 1), Cindy Nel (vlak 1), Heidi Hartzenberg (vlak 1), Lindie Snyders (vlak 1) en Liza-Marie Stander (vlak 1).
Die mans artistiese gimnastiek beoordelaar is die vlak twee beoordelaar, Elize Jansen van Vuuren.
Die klub spog ook met vier trampolien beoordelaars: Kasper Janse van Vuuren Beveret (Internationaal), Elize Janse van Vuuren (vlak 2), John Daniel Minnie (vlak 1) en Lisa Janse van Vuuren (vlak 1). Ses gekwalifiseerde afrigters sorg dat die gimnaste net die beste afrigting en tegnieke ontvang. Hulle is Elize Janse van Vuuren, Lize-Mari Gerrits, Heidi Hartzenberg, Hendrihet Redelinghuys, Kasper Janse van Vuuren en John Daniel Minnie.
Die klub bestaan al 12 jaar met 46 mededingende gimnaste en 64 gimnaste in totaal in die gimnastiek en trampolien dissiplines.
Die klub het tans agt gimnaste wat aan die laaste kompetisie vir die jaar, vanaf 29 September tot 5 Oktober, aan die SA Spele in Pretoria gaan deelneem. Oefentye is Maandae tot Donderdae van 14:30 tot 18:00 met verskillende tye vir die juniors en seniors. Vir meer inligting kontak Elize Janse van Vuuren. (082 965 5930).
Lea Jansen van Vuuren doen hier 'n roetine op die tuimelmat.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’