MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaaier, Mary-Lee Botha het op Saterdag, 30 April stof in ander drawwers se oë geskop toe sy eerste in die 13km-veldwedloop gekom het.
Die geleentheid is by Klipheuwel op Klein-Brakrivier gehou.
Botha oefen daagliks en motiveer ook ander Mosselbaaiers om 'n gesonde leefstyl te handhaaf. Botha het die wedloop in 'n tyd van 61 minute en 36 sekondes voltooi.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'