MOSSELBAAI NUUS - Deolin Crous word binnekort een van Mosselbaai se nuutse uitvoerprodukte.
Dié jong leerder van die Groot-Brakrivier Sekondêre Skool is onlangs verkies om Suid-Afrika te verteenwoordig in die o/15-bofbalspan wat Suid-Afrika in Meksiko gaan verteenwoordig.
Reis en verblyfkoste vir sy deelname beloop egter sowat R30 000, 'n bedrag ver buite sy bereik.
Bofbal, 'n span- en balsport veral gewild in die Verenigde State, Meksiko, die Karibbiese gebiede en in groot dele van Asië is 'n gewilde somersport.
Enige persoon of instansie wat 'n bydrae, hoe gering ookal, wil maak tot die aansienlike reis en verblyfkoste wat hierdie geleentheid noodwendig meebring, is welkom om die skoolhoof, mnr Desmond Speelman te kontak (083 521 2821).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'