Gallery
MOSSELBAAI SPORT NUUS - Lede van die Midbrak Canastaklub het op Woensdag, 9 Oktober as deel van die Mosselbaai Sport- en Rekrasiefees, 'n Canasta-toernooi by Seeplaas buite Groot-Brakrivier gehou.
Die toernooi was baie geslaagd en is deur Antonette Mallison, Julie Viljoen, Jenny Raaff en Anneke Blaauw gereël.
Lydia Gous het as wenner van die toernooi geseëvier met Joey Lottering tweede en Gerty Fourie derde.
Die wenners van die toernooi is van links, Gerty Fourie (3de), Joey Lottering (tweede) en Lydia Gous (eerste).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'