MOSSELBAAI HOKKIE-NUUS - Southern Sables se hokkiespanne het Saterdag, 16 Februarie as deel van hul ligaspel in die Eagle Sentrum, Mosselbaai gespeel.
Volgens Erica Combrink, eienaar van Southern Sables, speel hulle jaarliks twee ligakompetisies, met verskeie ander kompetisies deurlopend. Uit die ligakompetisies word 'n span gekies wat gedurende Desember aan provinsiale en nasionale kompetisies sal deelneem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'