MOSSELBAAI NUUS - Met 'n teikenbedrag van R100 000 het vier vriende Sondagaand, 3 April weggespring op hul eerste skof van hul Marathonmaand vir liefdadigheid.
Elma en Lourens Nel, asook Lukas en Christa Smit beoog om 1 000km in 29 dae af te lê om geld in te samel om behoeftige gesinne binne en buite die gemeente te kan bystaan.
Hulle het om 18:00 weggetrek by die Kom Tuis-kerk op die hoek van Beldonstraat en Barlowstraat in Heiderand om die eerste kilometers af te lê. Hulle wissel af deur fiets te ry en te draf.
Hulle vra dat die publiek hulle moet ondersteun en is welkom om saam te kom draf, stap en fiets te ry. Hulle 29 dae eindig op 2 Mei by Shell Voorbaai om 09:00. Die publiek en besighede word gevra vir donasies of om elk van die vier te borg per kilometer. Enige bedrag vanaf 1c/km is baie welkom. Hulle gebruik 'n selfoontoep om die totale afstand daagliks te bereken.
Volgens ds Gielie Joubert van die gemeente, sal besighede ook die nodige NPO-nommer ontvang wat van belasting verhaal kan word.
Vir meer inligting kan hy gekontak word by (072 137 3535).
Die twee manne op hul eerste skof. Lourens Nel links en Lukas Smit op hul fietse.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'