MOSSELBAAI NUUS - Hartenbos-rolbalklub het op Saterdag, 23 Februarie die Kruger Internasionaal geborgde rolbaldag met groot sukses aangebied.
Die bane was vol met 28 spanne wat deelgeneem het.
Spanne het vanaf onder andere Stilbaai, Outeniqua, Knysna, Mosselbaai, Oudtshoorn en Lesure Isle kom deelneem.
Dit was 'n heerlike warm dag met strawwe kompetisie en goeie vriende is weer gemaak.
Die organiseerders het almal wat bygedrae het om van die rolbaldag 'n groot sukses te maak, bedank.
"'n Besondere dank aan Kruger Internasionaal vir die borgskap, sonder borge kan die klubs nie sulke heerlike dae aanbied nie."
Wenspan: Jan Meyer, Pieter Loubcher (agter), Susanna van Niekerk en Pieter Greeff saam met Hannes Olivier (vise president).
Image caption
Naaswenners: Pieter Greeff (president) Willie Tredoux, Tiaan Tredoux, Nelia de Beer en Tulie de Beer.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'