Gallery Video
HARTENBOS NUUS - Op Dinsdag, 10 September is daar 'n sosiale byeenkoms aangebied waartydens die Dibiki petanque-klub besoek by Hartenrus-aftreeoord afgelê het.
Die wedstryde is in 'n besonderse aangename gees gespeel. Hartenrus-aftreeoord se petanque-klub het weer eens hulle leuse uitgeleef:
"Om petanque te mag speel is goed. Om te wen is beter, maar om dit te geniet is die beste."
Hartenrus se petanque-klub bestaan tans uit 21 mans en 11 vroue, wat elke oomblik op die baan ten volle geniet. Die balle word omtrent gegooi.
Daar word 'n beroep gedoen op ander klubs in die nabyheid om kontak te maak vir Gawie Botes (084 585 0873).
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Hartenbos, Tuinroete nuus'