Die kompetsie onder die top skuts is tans baie interessant en mededingend. Die vroue kompeteer sterk teen die mans en beide Suzette en Danette het met sekere dissiplines beter as hul manlike eweknieë gevaar.
Afskeid
Die klub moes ook met spyt afskeid neem van een sy mees gewaardeerde lede, naamlik Wilhelm van Rooyen, wie binnekort weens familie-belange na Pretoria verhuis. Wilhelm het 'n paar pryse beskikbaar gestel, wat deur Suzette en Danette onder die vroue en Willie Germishuys en Nico Venter onder die mans gewen is.
Interessant is dat al vier hierdie top skuts se huidige voorgeë 2 is, maar dat hulle des ondanks, steeds dikwels met die louere wegstap.
Uitslae
Die uitslae van Saterdag se kompetisie is as volg:
- Mans - 10m: 1. Marius van Wyk; 2. Willie Germishuys; 3. Nico Venter; 4. Danie le Roux; 5. Wilhelm van Rooyen.
- Vroue - 10m: 1. Suzette Herrer; 2. Danette Stoop; 3. Johanna Germishuys.
- Mans - 20m: 1. Gert Nel; 2. Willie Germishuys; 3. Willem Schoeman; 4. Nico Venter; 5. Marius van Wyk.
- Vroue - 20m: 1. Suzette Herrer; 2. Danette Stoop; 3. Johanna Germishuys.
- Mans - 9mm: 1. Danie le Roux; 2. Nico Venter; 3. Willie Germishuys; 4. Marius van Wyk, Nolte Lourens en Wilhelm van Rooyen.
- Vroue - 9mm: 1. Suzette Herrer en Mariska van Wyk; 3. Johanna Germishuys.
- Mans - 9mm snel: 1. Gert Nel en Willie Germishuys; 3. Nico Venter; 4. Marius van Wyk; 5. Nolte Lourens en Wilhelm van Rooyen.
- Vroue - 9mm snel: 1. Suzette Herrer; 2. Johanna Germishuys; 3. Danette Stoop.
- Mans - silhouette: 1. Wilhelm van Rooyen; 2. Willie Germishuys; 3. Nico Venter; 4. Gert Nel; 5. Nolte Lourens.
- Vroue - silhouette: 1. Danette Stoop; 2. Johanna Germishuys; 3. Suzette Herrer.
- Mans - 20m snelvuur: 1. Willie Germishuys; 2. Nico Venter; 3. Wilhelm Germishuys; 4. Gert Nel; 5. Marius van Wyk en Willem Schoeman.
- Vroue - 20m snelvuur: 1. Danette Stoop; 2. Suzette Herrer; 3. Mariska van Wyk.
Danie le Roux het tydens Woensdag se skiet-
oefening die beste oor die 10m gevaar met 96/100. Willem Schoeman en Suzette Herrer was gesamentlik tweede. Beide lede het 92/100 behaal.
Eugene Barnard was nie ver agter nie en neem die vierde plek in.
Oor die 20m het Suzette die bordjies verhang en eerste geëindig. Danie, Willem en Eugene het onderskeidelik die tweede-, derde- en vierde plek ingeneem.
Wilhelm van Rooyen saam met die vier skuts wat pryse gewen het. Die pryse is deur Wilhelm geskenk. Van links staan: Nico Venter, Suzette Herrer; Wilhelm van Rooyen, Willie Germishuys en Danette Stoop.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'