GROOT-BRAK RIVIER NUUS - Die Groot-Brakrivier Akademie se boksklub het onlangs splinternuwe bokshandskoene gekry.
Ses pare bokshandskoene is deur mnr Nico Scott aan die klub oorhandig. Die boksklub is al verskeie jare bedrywig, maar sukkel volgens boksafrigter Blackie Swart met toerusting en skenkers terwyl die afrigters die diens vrywillig lewer.
"Skenkings soos hierdie bied 'n ander alternatief vir die jeug wat elke dag blootgestel word aan drank- en dwelmmisbruik op straat," sê Swart.
Die uitvoerende burgemeester van Mosselbaai, raadsheer Harry Levendal was ook tydens die oorhandiging van die bokshandskoene teenwoordig.
"Ons bedank ook die hoof van Groot-Brakrivier Sekondêre Skool, mev Angela Muller vir die beskikbaarstelling van die skool se gimnasium vir die boksklub sodat ons daar kan oefen."
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brak Rivier, Tuinroete nuus'