MOSSELBAAI NUUS - Karatekas van die Dragon Suburbs SA JKA karateklub van Mosselbaai en Albertinia het op 19 en 20 Mei aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap deelgeneem.
Dertien van die klub se karatekas het deelgeneem en 'n totaal van 14 medaljes verower, waarvan vier karatekas dubbel goud gekry het.
Die volgende karatekas het hulle Suid-Afrikaanse klere verwerf: Anro Fourie, Dyllan van der Merwe, Ziaan Pelzer, Cornelius Lewak en Damion Koen.
Sensei Shaun Kapp wat 'n 5de dan in JKA karate het, is die eienaar en afrigter van die Dragon Suburbs-klub in Mosselbaai en Albertina.
Hy is voorwaar trots op al die karatekas wat deelgeneem het. Die klub het ouers en karatekas bedank vir elkeen se opoffering en deelname.
Die karateklub oefen Maandae en Woensdae, vir verdere inligting oor die klub, skakel sensei Shaun Kapp (072 113 2097). Ouderdome vanaf 4 jaar is welkom.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'