TUINROETE NUUS - Karatekas van die Dragon Suburbs SA JKA Karatekklub van Mosselbaai en Albertinia het op Saterdag, 19 Februarie aan die Westelike Provinsiale kampioenskap deelgeneem.
Sestien van die klub se karatekas het deelgeneem en 'n totaal van 24 medaljes verower. Die medalje-oes het bestaan uit 11 goud (sewe vir Mosselbaai en vier vir Albertinia), 10 silwer (vier vir Mosselbaai en ses vir Albertinia) en drie brons vir Mosselbaai.
Die 16 karatekas wat deelgeneem het is (medaljes verower in hakkies):
Lanuscha van der Merwe, Fanie van Tonder (2 silwer), Jaco Meintjes (2 brons), Veronique Esterhuysen (1 goud, 1 silwer), Ziaan Pelzer (1 silwer), Damion Koen (2 goud), Morgan Maritz (1 goud, 1 silwer), Sensei Shaun Kapp (1 goud, 1 brons), Anro Fourie (2 goud), Dyllan van der Merwe (1 silwer), Gabby Oktober en Aiden van der Merwe (1 goud, 1 silwer), Charl Jacobs (1 goud, 1 silwer), Cornelius Lewak (1 goud, 1 silwer), Floretta Lewak (1 goud, 1 silwer) en Aimee Maritz.
Sensei Shaun Kapp wat 'n vyfde dan in JKA karate het is die eienaar en afrigter van die Dragon Suburbsklub in Albertinia en Mosselbaai.
Hy is voorwaar trots op al die karatekas wat gekies is vir die WP-span wat die provinsie op 21 en 22 Mei by die SA kampioenskap in Johannesburg gaan verteenwoordig.
Die karateklub oefen Maandae tot Dinsdae en het tans lede tussen die ouderdom van 4 en 44 hoewel enige ouderdom 'n goeie ouderdom is om te begin.
Die karatekas van die Dragon Suburbs SA JKA Karatekklub van Mosselbaai en Albertinia wat aan die WP kampioenskap deelgeneem het.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'