MOSSELBAAI SPORTNUUS - Die Voda Lounge in Marshstraat het die naweek 'n veerpylkompetisie tussen die plaaslike span en hulle teenstanders uit Kaapstad aangebied.
Die formaat was 'n ses-aan-'n-kant-kompetisie.
Charles Losper van Kaapstad het die enkels gewen en is ook as die speler van die dag aangewys. Hy het twee 180's en 'n 170 close behaal. Francois de Villiers was die naaswenner.
Mosselbaai het egter die spankompetisie gewen met 22-14. Mark MacMahon en Winston Khana het ook 180's gegooi.
Die Voda Lounge hou elke week Donderdag 'n kompetisie. Vir meer inligting, kontak Henry Andrews (061 173 3475).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'