Gallery
SPORTNUUS - Twee buitelanders het Saterdag, 24 September, by die Binnenshuise sentrum in uitbreiding 23, op Mosselbaaiaan aan 'n pluimbal-kompetisie deelgeneem, wat as deel van die Mosselbaai Sport en Rekreasie Fees plaasgevind het.
Ananda Lahari van Kanada en Wouter Olsthoorn van Nederland het deelgeneem onder die vaandel van die Sedgefield pluimbalklub.
FOTOGALERY: 'n Besonderse pluimbal-kompetisie
Lahari het in die afdeling vir vroue die toon aangegee en met die goud weggestap.
Pluimbal is 'n sport wat vinnige reflekse, uithouvermoë en tegniese vaardighede vereis. Dit is 'n gesonde en prettige manier om fisies aktief te wees en 'n gewilde sport in 'n verskeidenheid van omgewings, insluitend skole, klubs, en is internasionaal ook uiters gewild.
Volgens die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) is pluimbal die vinnigste raketsport ter wêreld. Die pluime wat gebruik word, is ontwerp om aerodinamies onstabiel te wees, wat dit vinniger maak as 'n bal van soortgelyke groote en gewig. Die vinnigste aangetekende snelheid van 'n pluimpie is 332km/h (206 myl per uur), bereik deur Fu Haifeng van China in 2005.
Vir meer inligting oor oefentye en die sportsoort kontak Hanlie Alberts. (082 679 5259).
VERSKAF Die groep pluimbalspelers wat deelgeneem het aan die kompetisie.
Wenners vir die dag is agter: Teresa Nortjé (Mosselbaai sportraad), Marius van Huysteen (mans brons – Oudsthoorn), Yvonne Landman (vroue silwer – Mosselbaai), Ananda Lahari (vroue goud – Kanada Sedgefield), Wouter Olsthoorn (brons – Nederland Sedgefield), Adon Malgas (mans silwer – Oudsthoorn), Lourens Schlebusch (algehele wenner – George), Charmaine Prins (Mosselbaai sportraad) en voor sit Hanlie Alberts (vroue brons – Mosselbaai). Foto: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’