Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die Suid-Afrikaanse nasionale skopbokskampioenskap is die afgelope naweek tussen 12 en 15 Mei by die Diaz Hotel in Mosselbaai aangebied.
Josh Cloete, president van die Suid-Afrikaanse skopboksassosiasie (SAKA) het Vrydag, 13 Mei aan die Mossel Bay Advertiser gesê dat die atmosfeer en gees uitstekend is.
Bykans 400 atlete het deelgeneem aan die gevegte wat in verskillende afdelings plaasgevind het.
FOTOGALERY: Skopbokskampioenskap bring opwinding
"Deelnemers wat hier kwalifiseer gaan na die Afrika-kampioenskappe en daarna na die wêreldkampioenskappe," sê Cloete.
Videogreep: Grey Stopforth
Uitvoerende burgemeester, raadsheer Dirk Kotzé het die groep deelnemers wat van oral in die land kom, hier in Mosselbaai verwelkom.
'n Spesiale titelbelt van waardering is ook aan Kotzé oorhandig as aandenking van die Mosselbaai-munisipaliteit se gasvryheid gedurende die naweek.
Donderdag, 12 Mei is deelnemers ingeweeg en 'n vergadering vir die beamptes en skeidsregters is gehou.
VIDEO - Skopbokskampioenskappe in Mosselbaai gehou (Video: Grey Stopforth & Redigering: Jannie du Plessis).
Vrydagoggend is die kampioenskappe amptelik geopen en het die eerste gevegte afgeskop en tot Saterdag geduur. Sondag, 15 Mei is die kampioenskappe afgesluit met die prysuitdeling.
Die hoofarena was in die ou swembadgebou gehuisves.
Die swembad is verlede toegegooi en die oppervlakte met rubber bedek om toekomstige geleenthede soos die opkomende Ystermankompetisie en die Garden Route International Film Festival te huisves.
Links van Burgemeester, raadsheer Dirk Kotzé staan Aslam Mahomed saam met sy gesin. Hy is WAKO Afrika se interim President en ook WAKO se internasionale verteenwoordiger. Hy borg persoonlik 'n 8 x 8m Tatami kompetisie mat aan Mosselbaai Munisipaliteit.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'